Ek het hierdie lee kaal muur in my eetkamer gehad, wat net eindeloos boring was.  Soos jy kan sien op die before foto het ek hom eers groen geverf…dit wou nie op my groei nie en toe sien ek hierdie muur in Tjhoko Vereeniging en ek se vir myself dit is die effek wat ek wil he.  Ek wou graag ‘n growwe sement effek he, en hierdie was toe my finale besluit.  

ALLES te dankie aan julle super staff by Tjhoko Vereeniging. Nadat ek hom geverf en gewas het, was ek eers weer terug Tjhoko toe om te gaan seker maak my muur lyk soos hy moet lyk…

Ek is nie ‘n dag speit nie. Dit is verseker ‘n show stopper! Ek is mal ook die dramatiese, maar tog baie stylvolle effek.

Die Kassie het ek gekoop op Market Place, was voorheen Farmstyle/Whitewash effek. Ek wou net die blad skuur en dan sien hoe die hout lyk, maar toe ek eers begin kon ek nie glo hoe mooi die hout is nie.  Ekt toe besluit om van die dele rou hout te los.  Ek moes toe op ‘n kleur besluit vir die kassie en was oppad Tjhoko toe om Karema te koop, want dit sou by my eetkamer stoele pas…maar eks daar uit met ‘n impulsiewe swart. Ek is totaal en al versot op die kassie.  Van al my projekte is die een verseker my gunsteling.  Ekt besluit om die Hutch gedeelte te lig en teen die muur vas te maak, omdat die hutch omtrent die hele blad van die kassie toe staan.  En ek het al so lank hierdie gorgeous brackets wat ek nie geweet het waar om te gebruik nie…so dit was toe ‘n perfeck match.

 

Ek dink my inspirasie is van die vele talentvolle mense op die Tjhoko  blad…my mond hang soms oop! En dan maak Tjhoko dit nie maklik met al hulle ongelooflike mooi kleure nie.  Ek dink dit is elke keer my moelikste besluit…is watter kleur ek my projek gaan maak! En dan ook die feit dat ek heeltemal te naby aan die Tjhoko winkel bly 😊