26 Julie 2021 – My ouma Corrie is vandag ‘n 💯 jaar oud!!!

 

Ouma met hierdie groot een. As ek mag wil ek noem dat Ouma elke oggend stap en die bokkies appels voer, sy brei 26 truie elke jaar vir minder bevooregte kindertjies en sy doen elke dag haar blokkies raaisels ❤

 
Baie dankie Chrystal van Thjoko vir die ontwerp van die “Our Father” gebed stencil en die mooi boodskap aan die kant van die yskas. Hierdie yskas was ‘n baie spesiale projek gewees. Met soveel hartseer in hierdie jaar ,is hierdie verjaarsdag n absolute hoogte punt!!