“My inspirasie:

Ons huisie se een slaapkamer was ná al die jare so bietjie afgeleef en oudmodies. Ek was nog altyd versot op die franse platteland en het ons toe as gevolg van my liefde vir die platteland, besluit om die kamer ’n vintage- Franse gevoel te gee. Ek wou die effek van ou franse muurpapier skep, met die indruk dat daar al “dampness en verweerdheid” in die mure was (soos in die geval van ou mure).  Dus die rede vir die donkerder plekke op die muur!. Met die hulp van my dierbare man (hy’t al die kapwerk en regmaak van krake ens. behartig) en my twee wonderlike seuns (hulle het gesorg vir al die onderskraging en aanmoediging) het ek in die grendeltyd ons projek begin. Nou is die kamer ’n kalm toevlugsoord waar jy rustig jou dag kan afsluit! “