IDEES is voorwaar die mees waardevolle Tydskrif wat ek al ooit gekoop het.

Met die vreemde tye en afsondering waarin ons ons bevind het, het die innige behoefte om kreatief te wees ook nou nie hier weggebly nie! Dankie Tog!!

 

Ek het al my IDEES nader getrek en begin blaai en soek, blaai en soek en ook baie inspirasie uit IDEES gekry. 

 

Ek sluit n foto in van my ou hout skinkbord wat ek met tjhoko geverf het en met prente uit IDEES splinternuut aangetrek het. Die projek het soveel innerlike vreugde en vrede gebring.

 

Báie báie Dankie IDEES.