Ek het my kis by n pandjieswinkel gekoop en nadat ek baie lank almal se mooi geverfde meubels op Tjhoko se facebook groep dop hou, het ek my kis ook aangedurf.  Eers het ek my kis se deksel met lorains cream geverf en toe lyk dit nes n doodskis.  Hanelie Basson van Zeerust, by wie ek chalkpaint workshop gehad het, het n kis geplaas wat sy geverf het en ek het haar raad gevra.

Met lorains cream en vinia stone tjhokopaint in die gleuwe het ek, geseel eers met clear glaze en toe destress en toe afgerond met antique glaze.

My eindproduk is my trots en het ek dit vreeslik geniet, dankie aan Tjhoko paint en Nadine met al haar inspireerende videos.

Verfie groete

Leonie”