Wooden Board
Die storie agter my laaste post op die page is nogal magical. Ek wou bitter graag al die stencils en transfers op die SA website vir my 50ste bday gehad het want alhoewel ons meeste van die verf hier het, is hier nog nie transfers in Australia nie en ons stencils is nog bietjie limited.

Maar Nadine en Lee en die Tjhoko team was so amazing en het my drome waar gemaak en ek het my pakkie gekry. Hoe amazing is dit nie?

Die idee agter die ronde houtbordjie was om hout panele te skep met kleur en decoupage….ek het Dumisa onder en Da’vid bo oor aan die linkerkant geverf en Fine Lining regs en met growwe skuurpapier afgeskuur tot ek kon rou hout sien. Die middel is craft papier wat pretend om houtpanele met blomme te wees…laastens het ek n Le Lapin stencil met Da’vid opgesit en geseel met Clear Glaze.

Paddle
Ek het ietsie nodig gehad om die succulents te showcase en net die cheese paddle het vir my sin gemaak.
Die basis kleur was Olivia’s Pale en Cloud White bo oor. Ek moes my orbital sander  uithaal om die Cloud White af te kry….want Tjhoko sit.

Die succulent transfer het ek versigtig benader en die lang takkies appart uitgeknip sodat hulle my nie laat sweet nie, en het  hulle agterna opgesit.
Die fotos wys nie hoe stunning hierdie transfers is nie.
Natuurlik geseel met Clear Glaze.