FOR YOUR WALLS!
Tjhoko Paint’s beautiful colours are now also available in a low-sheen PVA.
Tjhoko Paint, South Africa’s popular locally produced chalk paint, has long been the first choice for creatives wanting to effortlessly transform furniture and other surfaces.
Here’s some good news: Tjhoko Paint’s trendy colour palette is now available in a low-sheen, water-based PVA – Tjhoko Inspired Wall Colours.
Did you know?
Tjhoko Inspired Wall Colours does not replace Tjhoko Chalk Paint; rather, it’s a new durable wall paint. It has an excellent spreading rate of 8–10m² per litre per coat. This means that a 5L tin of paint will cover about 25m² – which is more than enough for a standard sized room. Because the paint contains no ammonia, it has a low odour. Moreover, it is completely washable
– painted surfaces can simply be wiped with a damp cloth but sugar soap can also be used for stubborn stains. Tjhoko Inspired Wall Colours now gives you the option of painting your interior walls in your favourite Tjhoko shades. The price? Only R549 for a 5L tin. Deliveries can be made throughout the country; the minimum order is 5L, with free delivery for orders over R1 000. Make sure you order enough paint for your project because as long as the tins are tightly sealed, the paint will keep for up to
10 months. “But few DIYers will be able to resist this product for such a long time,” says Nadine Vosloo of Tjhoko Paint. “Once you’re acquainted with Tjhoko Inspired Wall Colours, you’ll never need to use any other paint to make a glorious, affordable difference in your home.”
NUUT VIR SELFDOENERS
Laeglans-muurverf in Tjhoko Paint se lieflike kleure!
Tjhoko Paint, Suid-Afrika se gewilde plaaslik vervaardigde krytverf, is al jare lank die eerste keuse van kreatiewe geeste wat meubels en ander oppervlakke moeiteloos wil omtower.
Hier’s wonderlike nuus: Tjhoko Paint se byderwetse kleurpalet is nou ook beskikbaar in ’n laeglans-PVA met ’n waterbasis – Tjhoko Inspired Wall Colours.
Het jy geweet? Tjhoko Inspired Wall Colours is nie ’n plaasvervanger vir Tjhoko-krytverf nie, maar ’n duursame verf vir mure. Dit het ’n uitstekende dekvermoë van 8–10m² per liter per laag. Dit beteken jy kan met ’n 5-liter-blik ongeveer 25m² dek – wat meer as genoeg is vir ’n standaard-kamer. Omdat die verf geen ammoniak bevat nie, het dit so te sê geen reuk nie. Dit is boonop heeltemal wasbaar – geverfde oppervlakke kan eenvoudig met ’n nat lap afgevee word, maar jy kan ook suikerseep inspan teen hardnekkige vlekke. Met Tjhoko Inspired Wall Colours is al die dinkwerk reeds gedoen sodat jy na hartelus kan verf in enige Tjhoko-kleur wat jou hart begeer. Die prys? Net R549 vir ’n 5-liter-blik. Die verf kan enige plek in die land afgelewer word; die minimumbestelling is 5 liter en aflewering is gratis vir bestellings van meer as R1000. Bestel genoeg vir jou hele projek, want as die blik goed geseël is, sal die verf tot 10 maande lank hou. “Maar min mense kan hulle hande so
lank van dié produk afhou,” sê Nadine Vosloo van Tjhoko Paint. “As jy eers met dié verf kennis gemaak het, sal jy nooit weer ’n ander verf wil gebruik om ’n wonderlike, bekostigbare verskil in jou huis te maak nie.”
The samples I bought from paint master looks a lot darker than on the photos I see on fb.
Why? Is is more concentrated?
Hi Elsabe, the colours always dry two shades darker when dry.
We are glad you like it