Free Delivery for orders in S.A. over R1000!

Projeknotas
• As die bestaande verf teen die muur nie in ’n goeie toestand is nie, wend twee lae PVA-verf van goeie gehalte in die kleure van jou keuse aan.
• Wanneer jy met ’n stensil werk, begin by die sigbaarste deel van die muur. Ons het links bo begin, want waar die patroon in die hoek by die toilet afsny, sal dit agter die gordyn wees.

INKOPIELYS • Tjhoko Paint Stencil of Paris (1 x 290 ml-pot per m 2 ) • stensil in die ontwerp van jou keuse (kies een van goeie gehalte wat taamlik stewig is)
GEREEDSKAP • kwas van goeie gehalte (50 mm–75 mm) • 5 cm-verfskraper • maskeerband • klam lap


So maak jy …

1 Begin bo. Plak die stensil teen die muur vas met die maskeerband.

2 Skep ’n bietjie Stencil of Paris-pasta met die verfskraper uit die pot en smeer dit eweredig oor al die uitgesnyde dele van die stensil.

Het jy geweet?
Afhangend van hoeveel detail jou stensil het, kan een pot Stencil of Paris sowat 1 vierkante meter bedek.

3 Trek die stensil versigtig weg van die muur af terwyl die pasta nog nat is. Vee die stensil se rugkant af met ’n klam lap en dan met ’n droë lap. Herhaal stap 1–3 tot die hele muur met die ontwerp bedek is.

 4 Knip die stensil kleiner wanneer die grootste deel van die muur bedek is. Jy gaan dan die muur daarmee voltooi. Maak net seker jy knip só dat jy nie die patroon opbreek nie.

Wenke • Indien die Stencil of Paris smeer, herstel dit terwyl die pasta nog nat is: Skraap dit liggies van die muur af en vee dan die oppervlak skoon met ’n klam lap. • As jy die voorkoms van geverfde reliëf-plakpapier verkies, kan jy die hele muur in die kleur van jou keuse verf wanneer die Stencil of Paris droog is.