Free delivery for orders in S.A over R650!

Search

Wanneer die dood jou hart se punt kom haal en dit die tweede keer met jou gebeur (eerste man 14 jr gelede),  is jy al meer ervare… verwerk jou pyn deur kreatiwiteit. 

Ek wou al lankal die kreefdrom (waarin hy kreef gekook het) verf, maar hy wou net nog een keer kreef gaan vang en dit in die pot kook, daarná kon ek dit verf. Die mens wik, maar God beskik. Dit was hom nie beskore nie.

Met die hulp van Olivia’s Pale, Reddish melow, Sweetness, Lourain’s cream en clear glaze, Trish en Nadine se stap vir stap video’s,  het ek dit gedoen.

Prente van kaktusse van Pinterest, gedruk met lasar drukker en toe my hand aan tjhoko-podge geslaan. En siedaar! 

Só lyk jou drom nou, my Gentle Giant!

So dames, al is jy in n ver, ver land… neem ouma se roomkanne, biltongkas, vleismeul, potte en panne…. bring dit terug met Tjhoko paint en al die mooi herinneringe wat dit inhou!