Free delivery for orders in S.A over R650!

Search

Liewe Nadine,

Sjoe, ek weet nie regtig hoe of waar om te begin nie so ek gaan maar net my hart volg en hierdie “testimonial” skryf soos ek Tjhoko persoonlik ondervind en daagliks deel maak van my lewe. Daar is soveel postief en inspirerend wat ek kan sê oor Tjhoko tog wil ek van hierdie spesifieke projek getuig.

Ek is maar ñ doodgewone ou plaas vroutjie wat nie regtig baie met die buite lewe of mense van die buite lewe interaksie het nie juis omdat ek so effens afgesonderd is hier op die stil plaas, tog sal ek die plaas vir NIKS verruil nie. 

Soms vang die stilte en alleenheid mens en kan nie eens dan die naggeluide of die gekraai van die hoender hane jou siel meer wegvoer nie. 

Ek het toe besluit ek MOET net eenvoudig iets kry waarmee ek myself kan vireenseldig in die tye wat my man werk en ek so alleen is. Ek het BAIE gedink aan iets wat ek ñ “vriendin” kan maak en nee koekies bak of brei val nie onder my vriendskaps kring nie😁!

Ek wou nog ALTYD verf maar om die waarheid te sê ek het NIKS geweet van hoe of waar om te begin nie. Ek is deur iemand op die Tjhoko Facebook Groep geadd. Ek kan regtig nie onthou deur wie nie, maar na ñ tafel plasing wat ek gesien het wat iemand gemaak het, het ek my “vriendin” gevind – TJHOKO! Ek het absoluut verlief geraak op Tjhoko Verf!

Ek het toe besluit ek wil ook so tafel hê maar as ek so tafel wil hê gaan ek hom self moet maak! Yes! Ek gaan, Ek wil, Ek kan!!!!!

Ek moes toe besluit op die kleure wat ek gaan gebruik en dit was effens moeilik want Tjhoko het die mooiste kleure. Elke Tjhoko kleur speel sy eie spesifieke Tjhoko liriek op sy eie Tjhoko manier en wysie. AL die Tjhoko kleure is hemels mooi so hoe kies ek? Dit is wat my vriendskap met Tjhoko so lekker maak… Ek kan met Tjhoko praat! 

Ek het letterlik na die kleure gekyk en met hulle gepraat (baie mense het seker gedink ek’s effens Tjhoko mal maar dit was en is oky met my) en uiteindelik toe op Don’s Wash, Sheriff’s Stone en Sement Grey besluit – dit was vir my so groot uitdaging Nadine! Ek het regtig my hele hart en siel in die tafel wat ek ook so graag wou hê ingesit en vandag pronk hy vir ALMAL om te sien in my sitkamer en kan ek vandag met soveel trots en selfvertroue vir almal wat vra sê ek het hom gemaak saam met my vriendin TJHOKO! 

Ek het ñ klomp swart en wit papier foto’s van my en my man geprint. Dit is van die dag wat ons ontmoet het tot nou – ons hele 8 jaar lewe saam – ons hele lewensverhaal en storie vertel en moontlik gemaak deur Tjhoko op ñ tafel. Ek het elke foto een vir een met Tjhoko clear claze op die tafel geclaze nadat ek hom geverf het. Ek is oor die algemeen mal oor foto’s juis omdat dit iets kosbaars is om te hê wat herinneringe aanbetref. 

Terwyl ek die tafel gedoen het, het ek en my vriendin (Tjhoko) ook maar baie gelag want ek was maar baie op my senuwees hoor… Ek meen dit was my heel eerste projek tog het Tjhoko dit vir my maklik gemaak en enige iets IS moontlik met Tjhoko vir enige iemand, klein, groot, oud, jonk maak nie saak nie… Tjhoko IS die BESTE!

My vriendin (Tjhoko) het my trots gemaak… My selfvertroue gegee en daarvan kan my man defnitief getuig…  My hart aangeraak deur om goed te voel deur dit wat ek gedoen het en nooit gedink het ek sou kon nie en ek is trots op my vriendin – Dankie TJHOKO! Dankie dat ek jou elke dag deel van my journey kan maak, dat ek daagliks so baie kan leer en doen. Ek kan letterlik nie wag om in die oggende op te staan en my kwaste in my Tjhoko bottels te druk nie. Tjhoko het van my ñ nuwe mens of beter gesê “plaasvroutjie” gemaak! Once the best always the best – Dankie Tjhoko! 

Tjhoko liefde,