Ek het die bankie in stukke ontdek onder n afdak by iemand se huis.

Ek het haar by my winkel op die agterstoep begin verf met n botteltjie Friks Forest, soos almal wat n passie vir meubels verf het, het ek en sy begin gesels. Elke keer is ek terug na my Tjhoko las en met nog n kleur terug.
Al die agterstewe wat al op daardie bankie gesit en bid het deur die jare het my laat kyk na alles waarvoor oms dankbaar is om ons, Rose van laatsomer gras, Martins move kleur van die sandsteen, Matt Black vir die kolle waar die son nie bykom nie,, True blue van swaar reënwolke, elvis mix die kleur van Noordwes grond dit alles saamgebind met David wat alles bymekaarbring en dan kon ek nie help om goud vir die skepping se kroon te gebruik met Antique Glaze oor nie