Ons weet Tuis-lesers hou van mooimaak. As jy dit boonop self en met selfvertroue kan doen, des te beter!

Maar is jy nog huiwerig om krytverf te gebruik? Tjhoko Paint, ’n trots Suid-Afrikaanse krytverf, het hande gevat met Tuis en bied ’n Tjhoko-toer aan – drie werksessies in verskillende dele van Suid-Afrika, en een in Namibië!

By dié werksessies, aangebied deur die Tjhoko Paint-kenner Nadine Vosloo, kan lesers hul eie tafeldekor maak en al die kunsies leer om na hartelus met dié verf te skep. Dié sessies is ideaal vir enigiemand wat hou van mooi tafeldekor – van raakvatter-bruide tot graad-11’s wat werk aan vanjaar se matriekafskeid.

Die sessies

Plekke is beperk tot 40 per sessie sodat elkeen individuele aandag kan kry. In elke sessie van sowat drie uur sal jy onder Nadine se bekwame leiding die volgende projekte kan voltooi (alles wat jy maak, is joune):

1. Doen ’n stensil-tegniek op ’n kaasbord (voor en agter) met Tjhoko Paint se Stencil of Paris, en verf dit dan in die kleure van jou keuse.

2. Versier ’n 250ml-Consol-fles –ideaal vir konfyt of vir broodstokkies op jou ontbyttafel.

3. Verf ’n lapservet.

WAAR EN WANNEER?

Oudtshoorn, Langenhoven Gimnasium Saterdag 31 Maart, 10:00 – 13:00

Swakopmund, Pro-Ed Akademie Saterdag 14 April, 10:00 – 13:00

Potchefstroom, Potchefstroom Gimnasium Saterdag 21 April, 10:00 – 13:00

Ceres, Hoërskool Charlie Hofmeyr Saterdag 5 Mei, 10:00 – 13:00

Die werksessie kos R450 per persoon. Tjhoko Paint verskaf al die materiaal en Tuis sal sorg vir eet- en drinkgoed! En onthou, alles wat jy maak, gaan saam met jou huis toe.

Stuur e-pos na [email protected] om jou plek te bespreek. Besprekings en finale reëlings sal bevestig word wanneer bewys van betaling ontvang is. Bel Suné gerus by 021 408 1276 met enige navrae.