Free delivery for orders in S.A over R650!

Search

In April 2020 het daar iets oor my saai pad gevloei wat my lewe verander het. Ek konnie wag  vir elke volgende dag om weer iets nuut te sien en te leer nie. 

Jy maak my dag n mengelmoes kardoes vol kleur. Jy voed my siel. Jy maak my gelukkig. Jys my poeding verslawing elke dag. Jys vol lewe en kleur maar ook rustig. Jy laat my verfkwas gesels. Jys nie vol fiemies nie. Jy raak vinnig droog. Ek hoef nie perfek  te wees nie, jy laat alles mooi lyk. 

Plastiek , hout, materiaal, metaal, sement maak jy mooi.

Friks forest jys soos n diep donker woud. Asgat jys speels en liefdevol. Johns joy die son skyn altyd. Cloud white jys skoon en vars. Holidays coral so vrolik. Rocco Roll jys vars en nuut en pragtig en jy gaan alles rock.  Stensil of Paris jy tower alles op.Daar is nog soveel ander. 

Ek is totaal en al verlief en verslaaf. My hart bokspring. Jou naam is Tjhoko Paint. 

Baie dankie Tjhoko familie en Nadine en die hele span en groepie vir al die liefde en inspirasie.

Sommer uit my verfbottel