Free delivery for orders in S.A over R650!

Search

Dag Nadine

Nooit!!! Het ek gedink op my 46 ste jaar sou Tjhoko die kuns en kreatiwiteit uit my uitbring nie, so dat die gedagtes jeuk en die hande brand van plesier om daai gedagtes op ń meesterstuk van God af uit te beeld. Terapeuties is dit verseker.  Dit bring tog geneesing van hartseer en geluk uit jou, dit deur God se lig wat in jou straal, uit te straal in jou kunswerk.

Dat Thjoko waarlik my Lewe en huis oorgeneem het, is ‘n feit.  Ek bekyk alles wat my oog op val uit ń ander perspektief uit, so saam met Tjhoko Familie uit Nadine se huis en Trich wat altyd ń knoppie ver is en moenie vergeet van Rocko die hond nie, hy is ook deel van die verfspan, hy laat ons skater oor sy kuns vernuf.

So erg dat as jou huis mense tuis kom dadelik wil weet wat het jy aangevang vandag of hulle te is bang as hulle te lank by jou stilstaan dat hulle ook geverf gaan word.

Tjhoko is die best ever since ice cream Dankie dat julle my deel van julle wêreldwye familie gemaak het en dis n voorreg om deel te kan wees van die Tjhoko Familie.

Goedheid en Guns